KOFFIEKASKENADES

Stories uit die Kalahari
LEES DIE STORIES!

Hoekom ‘koffiekaskenades’?

My pa se kant van die familie was nog altyd goeie storievertellers. As ek my pa vra hoekom sal hy seker sê dis omdat daar niks beter was om te doen op die plaas as kind as om stories te vertel, draadloos te luister, of kattekwaad aan te vang nie. Glo my, daar was baie kattekwaad gewees.

My pa bly lankal nie meer op ʼn plaas of in die Kalahari nie, maar ons hoor gereeld stories daarvan. Die stories het gewoonlik uitgekom as my pa van die werk afgekom het en ons almal in die sitkamer gesit en gesels het met ʼn koffie in die hand. Toe stel my ma die naam ‘Koffiekaskenades’ voor, want ons het van al die kaskenades gehoor terwyl ons koffie gedrink het.

ʼn Paar jaar terug het ek begin om van my pa en oom (pa se broer) se stories op te neem en neer te skryf. Daar het nie veel daarvan gekom nie. Ek wou dit graag in ʼn boek verander, maar vir tyd en wyl sit ek dit hier op die internet vir almal om te geniet.

Let wel, ek betwyfel hoeveel waarheid steek in van hierdie stories. Baie daarvan het my pa of oom by ander mense gehoor, en seker maar hulle eie stertjies gelas soos hulle dit vir my vertel het. So, sommige van die stories moet jy met ʼn knippie sout vat. Ek het ook meeste van die name verander, net vir ingeval ʼn storie dalk waar is, en die mense nie geïdentifiseer wil word nie.

Laastens, ek en my man het ook onlangs Australië toe getrek, so hierdie stories is ʼn lekker projekkie waaraan ek en my pa saam kan werk, al is hy ver.

So kry ʼn koppie koffie en geniet die stories uit die Kalahari.

Nuutste STORIES

Misgissings

Misgissings

My pa het ʼn paar stories oor hoe mense hulle lelik misgis het. Soms het net trane geloop, maar soms was dit hospitaalsake. My pa het vertel: Ek was nog op skool en ek het ʼn paar rand êrens gekry. Ek het toe vir my ʼn blikkie kondensmelk gekoop en dit was baie waardevol...

read more
Gemsbokpoeding

Gemsbokpoeding

My pa het die gewoonte om te braai met sy mooiste, ordentlikste klere aan – en my ma verpes dit, want sy weet mos die vet gaan op hom spat en dan moet sy dit was. Deesdae is dit ʼn bietjie beter, want hy trek darem ʼn voorskoot aan. Daar is ʼn paar ander ouens wat ʼn les...

read more
Pa kyk TV en ons lag

Pa kyk TV en ons lag

My pa hou daarvan om die koerant te lees. Hy sal die koerant enige tyd, enige plek lees. Toe hulle nog die papierweergawe gekoop het (deesdae lees hulle dit op die rekenaar), het hy dit altyd voor die TV gelees. Hy het seker maar die geselskap of die agtergrondklanke...

read more
Goed wat my ma sê

Goed wat my ma sê

My ma is baie soos my pa, maar tog ook glad nie soos hy nie – dis vreemd. Sy het ook die geneigheid om die snaaksste goed te sê. Baie soos my pa, het sy iets te sê oor alles, maar sy het ook die gesigsuitdrukking om alles wat sy sê priceless te maak. My musiek My ma...

read more

MEER OOR ONS

Ons is Niel en Michelle – pa en dogter.

My pa het grootgeword in die Kalahari op ʼn plaas naby Kuruman as die jongste van sewe kinders. Ek het grootgeword in Bloemfontein as die jongste van drie.

Deesdae is my pa afgetree en bly nog steeds in Bloemfontein, en ek bly naby Brisbane in Australië. Ons albei hou van stories vertel, maar op ons eie maniere. Hier deel ons ons stories met die wêreld.